ATLETIEK

Meer oor..

Hoërskool Nylstroom neem elke jaar aan die kring atletiekbyeenkomste deel aan baan en veld items. Ons atlete doen baie goed en elke jaar dring daar Nylies deur om Limpopo te verteenwoordig by die SA skole atletiek byeenkoms. In 2018 verwerf drie Nylie atlete twee goue en een silwer medaljes gedurende die SA’s. Kom wees deel van die atletiek span. Nylies gee verseker die pas aan!

ATLETIEK IN 2018

NOG ATLETIEK NUUS

Nylie atlete in Limpopo-span 2021

Nylie atlete in Limpopo-span 2021

Ses atlete van Hoërskool Nylstroom het Saterdag 27 Maart hul plekke in die Limpopo-span verseker na ’n byeenkoms in Mookgophong.

In front: Tariro Nkosi (o.16): wins 90 m hurdles and sets a new record. Tariro wins the high jump with a new record height. Keneilwe Mawela (o.16): wins the 1500m and gets second place in the 800m.
Agter: Mieke Mienie (o.16): eerste in verspring, tweede in die 100m en vierde in die 200m. Martin Vosloo (o.19): eerste in 200m en tweede in die 100m. Jandré de Lange (o.19): eerste in die 400m.
Jesse-Dean Nortjé (o.16): tweede in spiesgooi.

Even though some of the athletes are younger, they competed in the u.19 and u.16 categories.

Atletiek Suid-Afrika stel ’n ranglys met die atlete se prestasies op en sal diegene wat kwalifiseer uitnooi om deel te neem aan die Suid-Afrikaanse kampioenskappe. Die byeenkoms vind vanaf 7 tot 10 April in die Paarl plaas.

Nylies, we hope for the best!

#hoërskoolnylstroom #nylies2021 #nyliesatletiek #nyliesathletics #skoleatletiek

Nylies presteer by NWU

Nylies presteer by NWU

Baie geluk aan Martin Vosloo met sy mooi tweede plek in die 100m seuns o.19 en Jandre de Lange met sy blitsige wen in die 400m seuns o.19. Dis goeie tye! Die twee het Dinsdag 23 Maart deelgeneem aan ‘n byeenkoms by die Universiteit van Noordwes in Potchefstroom. (Die aankondiger verwys verkeerdelik na Jandré as ’n Ellisrasser.)
 
Well done to Martin Vosloo with his second place in the 100m boys u.19 and Jandré de Lange’s excellent win in the 400m boys u.19 at an athletics meeting held at the University of North West in Potchefstroom on Tuesday 23 March.
(The announcer mistakenly said Jandré is from Ellisras.)
 
Nylie Huissport laat die rekords spat ~ Nylie Inter House, breaking records!

Nylie Huissport laat die rekords spat ~ Nylie Inter House, breaking records!

Ons borg vir die huissport. Ondersteun hulle gerus! Our Inter House sponsor. Thank you André Kock & Son BK!

 

Die atlete van Hoërskool Nylstroom was so uitgehonger vir atletiek, dat talle dekades oue rekords nie veilig was tydens die huissportbyeenkoms wat op Vrydag 12 Maart gehou is nie. Te midde van leë pawiljoene en baie ontsmettingsmiddel het rekords wat 51 jaar en 48 jaar lank veilig gestaan het, hard geval.

The Nylie athletes were so eager for an athletics event that records that stood for 51, 48 and 41 years were broken during the Inter House athletics that was held on Friday 12 March. Despite the lack of cheering crowds and lots of sanitiser, the athletes excelled.

Mieke Minie: verspring/long jump o.14, 4.92m. (Vorige rekord/Previous record: 1994, Sibbie Beytell (nou Swart), 4.90m.)

Mieke Minie: 100m o.14, 13.00s. (1986, A. d u Plessis, 13.20s.)

Mieke Minie: 200m o.14, 27.00s. (1979, Y. McCabe, 28.20s.)

Dogters o.14: aflos/relay, 0:55.80s. (1973, 0:55.90s) Dis ’n 48 jaar oue rekord! Mieke was deel van hierdie span.

Martin Vosloo: 200m, o.19, 22.60s. (1970, L. Venter, 23.00 s.) (51 year old record!)

Martin Vosloo: 100m o.19, ewenaar met 11.00s. (2018, William Mabena.)

Seuns o.19: aflos/relay 0:45.00s. (1979, 0:45.70s.) Martin was deel van hierdie span.

Thariro Nkosi: 300m-hekkies/hurdles o.15, 49.43s. (2008, Emogene Venter 52.10.)

Thariro Nkosi: hoogspring/high jump o.15, 1,73m. (2001, René van der Merwe (nou Oosthuizen) 1,55m). René, ’n onderwyseres by die skool, is Thariro se afrigter.

Anika Holtzhausen: spiesgooi/ javelin o.17, 32.82m. (2018, Marne van der Merwe, 28.60m.)

Jesse-Dean Nortjé: spiesgooi/ javelin o.14, 47.07m. (1996, Fanie Stander, 41.30.)

Wihann Bezuidenhout: spiesgooi/ javelin o.14, 41.32m. (1996, Fanie Stander, 41.30.)

Die atlete neem weer op Saterdag 20 Maart deel aan ’n liga-byeenkoms in Lephalale waarna die Limpopo-kampioenskappe op Saterdag 27 Maart in Mookgophong plaasvind.

Baie dankie aan Andre Kock en Seun Afslaers wat die medaljes geborg het!

Baie dankie aan die fotograwe

Herman Steyn Photography

en Kobus Pienaar

Lizkor Photography

vir die foto’s. Nog foto’s is by hulle beskikbaar.

#hoërskoolnylstroom   #nylies2021   #hoërskool   #nylieshuissport   #nyliesinterhouse   #atletiek

 

 

Mieke Minie het die rekord vir verspring vir o.14-dogters gebreek met ’n afstand van 4.92m. Hierdie rekord is in 1994 opgestel deur Sibbie Beytell (Swart) met ’n afstand van 4.90.

Anika Holtzhausen is nie net ‘n naeloper nie, maar het ook het die rekord vir spiesgooi vir o.17- dogters verbeter met ’n afstand van 32.82m.

Martin Vosloo, die Nylies se hoofseun, het ’n rekord wat reeds 50 jaar lank staan aan skerwe gehardloop. Martin se tyd in die 200m vir o.19-seuns was 22.60 sekondes. Die vorige rekord is in 1970 opgestel deur L. Venter met ’n tyd van 23.00 sekondes.

Mieke Minie het die 35 jaar oue rekord vir die 100m o.14- dogters gebreek met ’n tyd van 13.00 sekondes. Die vorige rekord is in 1986 opgestel deur A. d u Plessis met ’n tyd van 13.20 sekondes.

Martin Vosloo het die 100m rekord wat in 2018 deur William Mabena opgestel is met ’n tyd van 11.00 sekondes geëwenaar.

Daar was ook groot opwinding by die seuns o.14-spiesgooi toe twee atlete die rekord verbeter het. Jesse-Dean Nortjé (foto) het ’n afstand van 47.07m ver gegooi en Wihann Bezuidenhout het 41.32m ver gegooi. Die vorige rekord is in 1996 opgestel deur Fanie Stander.

Thariro Nkosi broke the record for 300m hurdles girls u.14 with a time of 49.43 seconds. The previous record was set in 2008 by Emogene Venter with a time of 52.10.

Thariro Nkosi broke the u.14 girls high jump record that was set in 2001 by René van der Merwe (now Oosthuizen ), her coach and a teacher at the school. The record was 1,55m and is now 1,73m.

Nylie Huissport nog foto’s ~ Nylie Inter House more photos

Nylie Huissport nog foto’s ~ Nylie Inter House more photos

Ons borg vir die huissport. Ondersteun hulle gerus! Our Inter House sponsor. Thank you André Kock & Son BK!

Hier is nog foto’s van vandag se huissport. Nylies, julle het julself oortref! Ons plaas Maandag aksiefoto’s en besonderhede oor daardie 40-jarige rekords wat gespat het.
Baie dankie aan André Kock en Seun Afslaers vir hul borgskap vir vandag. Dankie aan Coopers Radio en Life 24-ambulansdienste vir jul bystand.
 
More photos of today’s Inter House. Nylies, you outdid yourselves!
 
A big thank you to André Kock en Seun Afslaers for their sponsorship.
Thank you Coopers Radio for your assistance and Life 24 Ambulances for being on standby today.
 
 

Dankie aan ons atletiek borge!

Ons is baie dankbaar aan elke borg wat ons ondersteun. Ondersteun hulle gerus want hulle ondersteun JOU skool!