Nylie Sport

Hoërskool Nylstroom sport kook!

Nylies bied ‘n groot verskeidenheid sportsoorte aan wat elke sportentoesias die geleentheid sal gee om op profesionele manier aan sport bloodgestel te word en tot hul volle potensiaal te ontwikkel.

NETBAL

Hoërskool Nylstroom is ‘n netbal krag om mee rekening te hou! Ons neem elke jaar aan ‘n verskeidenheid vriendskaplike en liga wedstryde deel. In 2017 het vier spanne deurgedring na Limpopo Finale.

Elke jaar dring van ons meisies deur om die Limpopo span te verteenwoordig.

Kom wees deel van die opbouende wen gees! Waar elke dogter saak maak en tot haar volle potensiaal ontwikkel word.

RUGBY

Die Nylies seuns speel kookwaterrugby! Die Eerstespan is die trots van die skool en elke junior-rugbyspeler streef daarna om die span te haal! Ons speel elke jaar verskeie vriendskaplike wedstryde  en neem aan die Virsekerbeker-liga deel!

Die seuns speel met trots, hul geniet die spel en dit is duidelik sigbaar op die veld!

Die Nylies oefen met geesdrif met net een doel voor oë en dit is om gekroon te word as Virseker-kampioene van 2018.

SOKKER

Nylie sokker is ‘n jong sport, maar ons deelnemers is vol gees en entoesiasme. Ons is vinnig besig om een van die sokkerskole te word om voor uit te kyk op die veld in die Limpopo.

In 2017 het ons elf vriendskaplike wedstryde gespeel waar tydens spelers tot hul volle potensiaal op skoolvlak ontwikkel het en 2de plek behaal het in die jaarlikse Kwagga Sokker liga.

Ons oefen en dingmee met spangees en ‘n sterk band tussen spelers en afrigter!

Om deel van die span te wees is ‘n eer en ‘n voorreg en iets om voor te werk!

FIETSRY

Vir die meer avontuurlustiges bied Hoërskool Nylstroom bergfietsry aan. Leerders het hul eie fietse nodig, maar word die basiese tegniek en taktieke geleer om enige hindernesse te kan handteer. Fiksheid is baie belangrik! Deelnemers oefen Dinsdae en Donderdae middae 16h00 tot 18h30 by die bergfiets bane by Bosveldsig, Aardwolf 4×4 en Koro Creek. Hierdie bane bied ‘n verskeidenheid van hindernesse  waar deelnemers bloodstelling en ondervinding kan kry oor hoe om terreine soos klippe, water, los sand, gruis en grondpaaie reg te benader.

Deelnembers neem aan wedrenne soos Sondella, Mdani, 94.7 en selfs die Argus deel.

Daar is ook geleentheid vir padfietsryers om saam te oefen! Veilige roetes soos die Kranskoppad word gereëld gebruik.

Die fietsryers bestaan uit ‘n groep baie entoesiastiese atlete met baie deursettings vermoeë! Word deel van die aanhouers!