Hoërskool Nylstroom se netbalspelers (leerders, onderwysers en oud-Nylies) spook dit uit tydens die Suid-Afrikaanse Netbalkampioenskappe wat van 7 tot 12 Desember op Zwartkloof buite Bela-Bela gespeel word. Stefny-ann du Preez, Miko Keulder en Alicia Oberholzer het in die Waterberg o.21-distrikspan gespeel. Die onderwysers en oud-Nylies het in die Waterberg-distrik se senior span gespeel. René Oosthuizen, het die doele die een na die ander ingeryg. Corlia Herbst was die span se hulpafrigter. Liza-Mari Boshoff en Susan Lang (nie op die foto nie) het ook deelgeneem.
 
Netball players of Hoërskool Nylstroom played hard during the past week’s South African Netball Championships held at Zwartkloof outside Bela Bela from 7 to 12 December. The players include learners, former learners and teachers. Stefny-ann du Preez, Miko Keulder and Alicia Oberholzer were part of the Waterberg District u.21 team. The teachers and former Nylies played in the senior team. René Oosthuizen shot one accurate goal after the other. Corlia Herbst was the team’s assistant coach. Liza-Mari Boshoff and Susan Lang (not pictured) were also part of the senior team.