Piet Byleveld (1950–2017) was ‘n Suid-Afrikaanse polisiespeurder wat aan talle groot en opspraakwekkende sake gewerk het. Hy het onder andere die moorde op Sheldean Human, Inge Lotz en Leigh Matthews ondersoek.

Byleveld het in 2010, na ’n loopbaan van 38 jaar, as ‘n brigadier van die Suid-Afrikaanse Polisiediens afgetree. Daarna het hy Piet Byleveld Crime and Commercial Investigations (PBCCI) gestig en begin om misdaadsake in sy persoonlike hoedanigheid te ondersoek.

Piet Byleveld was ‘n oud-Nylie – ons is trots!