Daar is al soveel gesê – Drome gebou – Opgewondenheid vir myself en my familie. Beheerliggaam, Personeel, Leerders, Ouers.

Nou is ek in my eerste tree van my verhaal by Hoërskool Nylstyroom.

EK is besig om ‘n verhaal te skryf oor ‘n Droom om ‘n Hoof te wees.

Nie net a Hoof nie maar

  • ‘n Hoof wat ‘n Verskil wil maak
  • ‘n Hoof wat in memory wil nalaat
  • ‘n Hoof wat wil versker ‘n skool soos Hoërskoll  Nylstroom moet lank bly voortbestaan as “die” skool in die Provinsie – In Suid Afrika.

Om hierdie verhaal te skryf het bepaalde omdersteunings raamwerke nodig.

Ek gaan dit nie skryf sonder

  1. My Skepper – Jesus Christus

Wat vir my sal “Sorg” elke tree wat ek sal gee. Ek hom nooit sal teleurstel nie.

2. My Familie (Vroue en Kinders, Oupas en Oumas)

Ons weet dit is nie maklik nie. Ons weet dat ons ook van hierdie verhaal ‘n sukses gaan maak, en mekaar nooit sal los nie!! En weet om mekaar altyd life te hê, maak nie saak wat nie!!

3. Personeel van Hoërskool Nylstroom

Ek is so opgewonde oor julle. Ek hoop die liggie het al aangegaan. Elkeen van julle is ‘n kosbare diamant vir die Onderwys.

Ek wil jou die versekering gee, dat ek jou nooit sal los nie.

Ek wil jou sien skitter vir onderwys.

Ek wil jou sien skitter vir jou kolegas.

Ek wil jou sien skitter vir jou leerlinge.

Ek wil jou sien skitter vir die ouers.

Ek wil jou sien skitter vir die gemeenskap.

Ek will jou sien skitter vir die Skepper.

Ek sal jou nooit alleen los nie.

Doen net die regte en die regte dinge sal met jou gebeur!

Gades van personeel – Dankie vir julle onderstuening om vir jou onderwyser die geleentheid te gee om ‘n sukses van sy/haar loopbaan te maak.

4. Beheerliggaam _ Niki jy en jou nuwe span. Dankie dat julle vertroue in my stel – “NO pressure!”.

Ek wil julle die versekering gee dat ek elke dag sal probeer om julle nie teleur te stel nie.

Baie belangrik ons moet glo in mekaar.

Glo in die personeel wat ons het.

Glo in ons leerlinge.

Glo dat ons skool die skool in die Provinsie en Suid Afrika is.

Dan sal dit met ons goed gaan!

5. Gemeenskap –  ons wil betrokke wees by die kerke, sakekamer of waar ons ook mag deel wees, wil ons ‘n verskil maak. Al is dit net met ons teenwoordigheid.

Ons het mekaar nodig in ons dorp.

6. Ons is in die begin van ‘n verhaal in Hoërskool Nylstroom se joernaal en jy is deel daarvan.

Mag dit vir elkeen van ons, ‘n Memory wees wat ons altyd sal onthou.

Mag ons mekaar altyd koester vir wie ons is.

Mag ons God se liefde en voorspoed ervaar in elke tree wat ons vir Nylstroom gaan gee.

 

Ek leef en sal leef  – Ons leef en sal leef