Die Semi-finaal van die ATKV Redenaars het Vrydag, 25 Mei, by Hoërskool Hans Strijdom plaasgevind. Jowiné Bezuidenhout, Carmie Botha, Kaiden Barthram, Janique Erasmus en Lydia Mothapo is van die Nylies wat deelgeneem het. Baie geluk Nylies – trots op julle!

Hoërskool Nylstroom se Junior Redenaarspan wat op 25 Mei deelneem aan die Semi-finaal van die ATKV Redenaars by Hoërskool Hans Strijdom. Carmie Botha, Junita van Loggerenberg, Elné Joubert en Janique Erasmus.

BAIE GELUK!

Baie geluk aan Kaiden Barthram (GRAAD 10 – 12 Afrikaans Huistaal Voorbereid), en Lydia Mothapo (GRAAD 10 – 12 Addisionele Taal Onvoorbereid, hulle is albei eerste op die Limpopo Top 10! Hulle gaan deur na die nasionale kompetisie.

Geluk aan Jowiné Bezuidenhout (GRAAD 10 – 12 Afrikaans Huistaal Voorbereid), wat vierde geëindig het!

Baie trotse Nylies!