Hoërskool Nylstroom se “Hersirkuleringsprojek vir tuinbankies” het afgeskop tydens die Huissport op vrydag 25/01. Plastiekbottels, blikkies en ander afval is in aparte blikke gegooi sodat dit vinnig en maklik hersirkuleer kan word. Gelde wat hiermee ingesamel word, word opsy gehou vir die aankoop van tuinbankies vir ons leerders se gebruik tydens pouses. Ons dank aan Pick’nPay vir die skenking van swart sakke om hierdie taak te vergemaklik. Ons vra ook alle ouers en leerders om te help met die insameling deur tuis reeds blikkies en plastiek te skei en skool toe te stuur en in spesifieke blikke te gooi. Byvoorbaat dankie vir u samewerking.

“Recycling for garden benches-project” kicked off during the Interhouse athletics on 25/01. Plastic bottles, cans and other garbage were placed in different bins on the spot, to ease the sorting of the different materials for recycling. Funds raised with this recycling process will be put aside for the purchasing of garden benches for our learners to sit on during breaks. We want to thank Pick’n Pay for sponsoring garbage bags for this purpose. We ask all learners and parents to help with this project by separating cans and plastic at home, sending it to school where it will be placed in specified bins. We thank you in advance.