Die Leerder Uitvoerende Komitee (LUK) en die Verteenwoordigende Leerlingraad (VLR) woon jaarliks ’n leierontwikkelingskamp by waar hulle voldoende toegerus word vir hul taak. Ons jeugleiers is ons toekomstige volwasse leiers en hul ontwikkeling is vir ons skool se erns.

Die leiers se take sluit in geesvanggeleenthede onder leiding van die leiers en personeel. Dit is van die hoogtepunte op die Nylie-kalender.

 

Die seunshoofleiers vir 2021 is Letago Kekana (onderhoofseun kultuur), Martin Vosloo (hoofseun) en Danie Smit (onderhoofseun sport).

Die dogters se hoofleiers vir 2021 is Simonè Engelbrecht (onderhoofdogter sport), Janique Erasmus (hoofdogter) en Omphile Sabushimike (onderhoofdogter kultuur).