Ons borg vir die huissport. Ondersteun hulle gerus! Our Inter House sponsor. Thank you André Kock & Son BK!

 

Die atlete van Hoërskool Nylstroom was so uitgehonger vir atletiek, dat talle dekades oue rekords nie veilig was tydens die huissportbyeenkoms wat op Vrydag 12 Maart gehou is nie. Te midde van leë pawiljoene en baie ontsmettingsmiddel het rekords wat 51 jaar en 48 jaar lank veilig gestaan het, hard geval.

The Nylie athletes were so eager for an athletics event that records that stood for 51, 48 and 41 years were broken during the Inter House athletics that was held on Friday 12 March. Despite the lack of cheering crowds and lots of sanitiser, the athletes excelled.

Mieke Minie: verspring/long jump o.14, 4.92m. (Vorige rekord/Previous record: 1994, Sibbie Beytell (nou Swart), 4.90m.)

Mieke Minie: 100m o.14, 13.00s. (1986, A. d u Plessis, 13.20s.)

Mieke Minie: 200m o.14, 27.00s. (1979, Y. McCabe, 28.20s.)

Dogters o.14: aflos/relay, 0:55.80s. (1973, 0:55.90s) Dis ’n 48 jaar oue rekord! Mieke was deel van hierdie span.

Martin Vosloo: 200m, o.19, 22.60s. (1970, L. Venter, 23.00 s.) (51 year old record!)

Martin Vosloo: 100m o.19, ewenaar met 11.00s. (2018, William Mabena.)

Seuns o.19: aflos/relay 0:45.00s. (1979, 0:45.70s.) Martin was deel van hierdie span.

Thariro Nkosi: 300m-hekkies/hurdles o.15, 49.43s. (2008, Emogene Venter 52.10.)

Thariro Nkosi: hoogspring/high jump o.15, 1,73m. (2001, René van der Merwe (nou Oosthuizen) 1,55m). René, ’n onderwyseres by die skool, is Thariro se afrigter.

Anika Holtzhausen: spiesgooi/ javelin o.17, 32.82m. (2018, Marne van der Merwe, 28.60m.)

Jesse-Dean Nortjé: spiesgooi/ javelin o.14, 47.07m. (1996, Fanie Stander, 41.30.)

Wihann Bezuidenhout: spiesgooi/ javelin o.14, 41.32m. (1996, Fanie Stander, 41.30.)

Die atlete neem weer op Saterdag 20 Maart deel aan ’n liga-byeenkoms in Lephalale waarna die Limpopo-kampioenskappe op Saterdag 27 Maart in Mookgophong plaasvind.

Baie dankie aan Andre Kock en Seun Afslaers wat die medaljes geborg het!

Baie dankie aan die fotograwe

Herman Steyn Photography

en Kobus Pienaar

Lizkor Photography

vir die foto’s. Nog foto’s is by hulle beskikbaar.

#hoërskoolnylstroom   #nylies2021   #hoërskool   #nylieshuissport   #nyliesinterhouse   #atletiek

 

 

Mieke Minie het die rekord vir verspring vir o.14-dogters gebreek met ’n afstand van 4.92m. Hierdie rekord is in 1994 opgestel deur Sibbie Beytell (Swart) met ’n afstand van 4.90.

Anika Holtzhausen is nie net ‘n naeloper nie, maar het ook het die rekord vir spiesgooi vir o.17- dogters verbeter met ’n afstand van 32.82m.

Martin Vosloo, die Nylies se hoofseun, het ’n rekord wat reeds 50 jaar lank staan aan skerwe gehardloop. Martin se tyd in die 200m vir o.19-seuns was 22.60 sekondes. Die vorige rekord is in 1970 opgestel deur L. Venter met ’n tyd van 23.00 sekondes.

Mieke Minie het die 35 jaar oue rekord vir die 100m o.14- dogters gebreek met ’n tyd van 13.00 sekondes. Die vorige rekord is in 1986 opgestel deur A. d u Plessis met ’n tyd van 13.20 sekondes.

Martin Vosloo het die 100m rekord wat in 2018 deur William Mabena opgestel is met ’n tyd van 11.00 sekondes geëwenaar.

Daar was ook groot opwinding by die seuns o.14-spiesgooi toe twee atlete die rekord verbeter het. Jesse-Dean Nortjé (foto) het ’n afstand van 47.07m ver gegooi en Wihann Bezuidenhout het 41.32m ver gegooi. Die vorige rekord is in 1996 opgestel deur Fanie Stander.

Thariro Nkosi broke the record for 300m hurdles girls u.14 with a time of 49.43 seconds. The previous record was set in 2008 by Emogene Venter with a time of 52.10.

Thariro Nkosi broke the u.14 girls high jump record that was set in 2001 by René van der Merwe (now Oosthuizen ), her coach and a teacher at the school. The record was 1,55m and is now 1,73m.