Hoekom Hoërskool Nylstroom?

Word ‘n Nylie vandag!

Om ‘n Nylie Kwagga te wees is ons trots! Ons kom vanuit ‘n ryke geskiedenis en bring ons leerders in die moderne samelewing met die waardes van saamwerk, respek, aanvaarding, eerlikheid, volharding, uitnemendheid en trots! Ons is trots op ons skool, ons gemeenskap en mekaar. Word ‘n Nylie Kwagga vandag en geniet jou hoërskoolloopbaan, groei saam in kwagga-gees, harde-werk-verantwoordelikheid en dankbaarheid vir ons seëninge!

Vakke

Die akademiese vordering en prestasie van elke leerder volgens sy/haar vermoë, is ons grootste verantwoordelikheid en nommer een prioriteit!

Ons skool bied ‘n suiwer akademiese SOWEL as ‘n tegniese studierigting aan met ‘n wye kurrikulum om van te kies!

Ons akademiese uitslae is van die beste in Limpopo!

Ons tegniese studierigting spog met ‘n baie hoë standaard!

TOP 10-uitstappie

Elke jaar word die vorige jaar se TOP 10 akademiese presteerders beloon vir hulle harde werk. Hulle gaan vir die dag op ‘n uitstappie van hulle keuse op die skool se onkoste. Dit is ‘n heerlike dag van ontspanning en pret. Hierdie jaar in 2018 het ons Top 10 leerders hulle self geniet by Acrobranch Adventure Park. By Hoërskool Nylstroom is prestasie beslis ook pret!

Wetenskap EXPO

Ons slimkop-Nylies kry die geleentheid om deel te neem aan die Wetenskap Expo in die jaar.

Ekstra klasse

Hoërskool Nylstroom spog met onderwysers wat omgee. ‘n Nylie onderwyser doen moeite en soms ekstra klasse sodat die leerlinge kan presteer!

Akademiese vakke

Ons is die akademiese leier in ons distrik! Ons bied ‘n suiwer akademiese studierigting aan (sien die tegniese skakel vir die tegniese inligting) Vir al ons akademiese vakke vir graad 8 – 9 sowel as keusevakke (graad 10 – 12) gaan HIER

Olimpiades

Hoërskool Nylstroom leerlinge neem deel in verskeie olimpiades gedurende die jaar. Van die gewone Wiskundevakke na die meer onbekende olimpiade soos Wêreldkennis-olimpiade.

Gasvryheid

Gasvryheid is nie net ‘n kwaliteit van Hoërskool Nylstroom nie ;), dis is ook ‘n vak wat ons aanbied vir leerders wat in die toerismebedryf wil ingaan.

Rekeningkunde Olimpiade

Ons top Rekeningkunde leerlinge neem deel in ide provinsie se Rekeningkunde-olimpiades.

Prysuitdelings

Hoërskool Nylstroom glo daarin dat harde werk en prestasie beloon moet word. Daarom gee ons erkenning aan elke leerling se prestasie by ons prysuitdeling. Ons gee ook erkenning aan elkeen wat aan buitemuurse aktiwiteite hard werk en presteer. Ons prysuitdeling aan die einde van die jaar, is ‘n spoggeleentheid enwys ons is trotse Nylies.

Tegniese vakke

Ons tegniese studierigting spog met ‘n baie hoë standaard. Ons het goed toegeruste geriewe vir al ons vakke. Vir al ons tegniese vakke vir graad 8 – 9 sowel as keusevakke (graad 10 – 12) gaan HIER

Rekenaarsentrum

Drie goed toegeruste rekenaarsentrums help ons om topgehalte onderrig te gee in vakke soos Inligtingstegnologie (IT) en CAT.

Loopbaanhulp

Ons Nylie onderwysers doen baie moeite om loopbaanhulp te bied en leerlinge blood te stel aan al die moontlikhede na matriek. Ons nooi ook die universiteite en ander instansies om met ons leerlinge te kom gesels en hulle te help met hul toekomsplanne.

Matrieks presteer

Ons matriekslaagsyfer is van die hoogste in Limpopo elke jaar, met matrieks wat elke jaar by die Waterbergdistrik pryse wen!

TOP 10

Hoërskool Nylstroom is baie trots op ons akademiese eerste span. Ons leerders presteer baie goed en hulle word beloon deur die skool deur elke jaar op ‘n opwindende ekskursie te gaan vir al hulle harde werk. Kyk na ons huidige Top 10 leerders HIER

Taal Olimpiade

Hoërskool Nylstroomleerlinge presteer in ons moedertaal en addisionele tale, hier neem leerlinge ook in Taal-olimpiades deel en wys hul staal.

Wêreldkennis Olimpiade

Die Wêreldkennis Olimpiade is vir baie mense iets nuut! Ons het Nylies wat jaarliks hier deelneem en presteer.

Restaurantaande

Ons Gasvryheidleerlinge bederf gereeld die publiek en hulle ouers met Restaurantaande. Hier bedien hulle van hulle smullekker geregte en wys waarnatoe hulle in staat is.

Sport

Hoërskool Nylstroom bied vele sportsoorte aan, daar is iets vir almal om van te kies: Atletiek, Netbal, Hokkie, Gholf, Rugby, Krieket, Sokker, Tennis, Landloop, Fietsry, Skaak.

Daar word ook elke jaar op sporttoere gegaan.

Hokkie

Om hokkie te speel vir Hoërskool Nylstroom is ‘n groot eer. Ons hokkiespanne presteer in ons liga.

Noodhulp

Ons het verskeie leerders wat die verskillende vlakke in Noodhulp elke jaar voltooi. Die kursusse word aangebied en die leerders kry erkenning van die skool se kant af vir die vlakke wat hulle al bereik het.

SA prestasies

Hoërskool Nylstroom het elke jaar leerlinge wat op nasionale vlak presteer. In 2018 het ons al klaar twee goue medalje-wenners en een silwer op die SA Atletiekkampioenskappe!

Atletiek

Hoërskool Nylstroom neem elke jaar aan die kring atletiekbyeenkomste deel aan baan en veld items. Ons atlete doen baie goed en elke jaar dring daar Nylies deur om Limpopo te verteenwoordig by die SA skole atletiek byeenkoms. In 2018 verwerf drie Nylie atlete twee goue en een silwer medaljes gedurende die SA’s. Kom wees deel van die atletiek span. Nylies gee verseker die pas aan! KLIEK HIER en lees meer, kyk die video’s en sien ons nuus!

Netbal

Hoërskool Nylstroom is ‘n netbal krag om mee rekening te hou! Ons neem elke jaar aan ‘n verskeidenheid vriendskaplike en liga wedstryde deel. In 2017 het vier spanne deurgedring na Limpopo Finale.

Fietsry

Vir die meer avontuurlustiges bied Hoërskool Nylstroom bergfietsry aan. Leerders het hul eie fietse nodig, maar word die basiese tegniek en taktieke geleer om enige hindernesse te kan handteer. Fiksheid is baie belangrik! Deelnemers oefen Dinsdae en Donderdae middae 16h00 tot 18h30 by die bergfiets bane by Bosveldsig, Aardwolf 4×4 en Koro Creek. Hierdie bane bied ‘n verskeidenheid van hindernesse  waar deelnemers bloodstelling en ondervinding kan kry oor hoe om terreine soos klippe, water, los sand, gruis en grondpaaie reg te benader.

Gimnasium

Daar is ‘n goed toegeruste gimnasium op die perseel van Hoërskool Nylstroom.

Spaninhuldigings

Om vir die top sportspanne gekies te word is ‘n groot prestasie en elke jaar word hierdie sportseuns en meisies beloon deur ‘n spoggeleentheid wanneer hul spanne ingehuldig word, saam met ouers, afrigters en borge.

Gholf

Hoërskool Nylstroom bied gholf aan vir seun en dogters vanaf Gr 8 – 12. Ons skryf elke jaar 2 spanne in wat meeding in die Limpopo liga. Ons het twee van die vorige 3 jaar die finale bereik en in 2016 het die C-liga span die liga gewen.

Leerders benodig hulle eie gholftoerusting om deel te neem en moet by ‘n gholfklub aansluit sodra hulle die span gehaal het. Proewe word reeds in die 4de kwartaal gespeel. Nuwe graad 8 leerlinge word dan vroeg in die 1ste kwartaal die geleentheid gegee om die span te behaal.

Daar vind ook elke jaar ‘n gholftoer plaas waar leerders die geleentheid kry om 3 tot 4 ander bane te speel, met ‘n prys vir die wennervan elke baan.

Sokker

Nylie sokker is ‘n jong sport, maar ons deelnemers is vol gees en entoesiasme. Ons is vinnig besig om een van die sokkerskole te word om voor uit te kyk op die veld in die Limpopo.

In 2017 het ons elf vriendskaplike wedstryde gespeel waar tydens spelers tot hul volle potensiaal op skoolvlak ontwikkel het en 2de plek behaal het in die jaarlikse Kwagga Sokker liga.

Landloop

2018 Landloop Interhoër kampioene! (Vir ‘n tweede jaar in ‘n ry)
Hoërskool Nylstroom se atlete het die Landloop Interhoër algeheel gewen by die Landloop Interhoër by Hoërskool Ellisras.

Ook daarby:
Eeste plekke behaal by Snr en Jnr seuns;
Senior en Junior seuns-spanne was algeheel eerste.
Baie geluk aan hulle en hul afrigter Martin Jansen van Vuuren!

Nylie landloop gee die pas aan – kom oefen saam met ons!

Hier word die Landloop Trofee oorhandig by die Landloop Interhoër in Ellisras aan die Nylie Landloopspan!

Puik afrigters

Hoërskool Nylstroom beskik oor puik sportafrifters, in 2018 sover het sewe atlete in die SA Kampioenskappe deelgeneem, weens harde werk en puik afrigters. Van Hoërskool Nylstroom se afrigters is self oud SA atlete en spelers.

Rugby

Die Nylies seuns speel kookwaterrugby! Die Eerstespan is die trots van die skool en elke junior-rugbyspeler streef daarna om die span te haal! Ons speel elke jaar verskeie vriendskaplike wedstryde  en neem aan die Virsekerbeker-liga deel!

Tennis

Nylie tennis presteer in 2018. Ons speel in die liga en het klaar een speler wat vir die Limpopo provinsie gekies is.

Krieket

Ons krieketspanne gaan in die derde kwartaal hulle staal wys in die liga!

Sport-toere

Elke jaar woon ons sportspanne toere by waar hulle ook teen ander skole speel en profesionele afrigting ontvang.

Hier is ons 2018 Gholfspan op toer in Julie 2018, hulle besoek Magaliespark, Mooi Nooi, Seasons en The Lost City:

Kultuur

Nylie-kultuur lê ons na aan die hart!
Toneel, Redenaars, Public Speaking, Debat, Landsdiens, Nylie Nuus, Kunstefeeste…

ATKV

Elke jaar het ons leerders wat aan die ATKV Redenaars Finaal deelneem.

Kultuuraand

In die derde kwartaal van elke jaar bring ons al ons Nylie talente bymekaar in ‘n hoogtepunt by ons kultuuraand.

Toneel

In 2018 bied ons drie toneelstukke aan:  “Kollig” oefen op Maandae vanaf 14:00 tot 15:30 en word afgerig deur Me. Lisa Potgieter en me. Kayla Ludik.

“Onrustige Waters” oefen Woensdae vanaf 16:00 tot 18:00 en word afgerig deur mnr. Jozua Barkhuizen en me. Kayla Ludik.

Die Engels toneel, “A Twisted Romance” oefen op Dinsdae vanaf 15:30 tot 16:00 en word afgerig deur me Lisa Potgieter, me Kayla Ludik en mnr. Jozua Barkhuizen.

Tydens die vierde kwartaal sluit ons af met die Nylies talente tydens die Kultuuraand.

Public Speaking

Hoërskool Nylstroom learners take part in the English Public Speaking and compete against other schools in the province.

Nylie Nuus

Die Nylie Nuus met ons redaksiespan en fotograwe hou jou op hoogte van gebeure by Hoërskool Nylstroom! Besoek die NylieNuus aanlyn by www.nylienuus.co.za

Skaak

Kom maak saam ons GROOT skuiwe in skaak!!!!

Interhoër wenners 2017.

Ons werk hard vir die 2018 interhoër vir twee in ‘n ry.

Daar word deelgeneem aan toernoeei om die spelers voorteberei vir interhoër.

Oefentye:  Dinsdae en Donderdae 14:00 – 16:00

Debat

Debat ontwikkel slefvertroue en die vermoeë om ‘n standpunt in te neem met goed nagevorsde argument.

Kunstefeeste

Hoërskool Nylstroom leerlinge neem jaarliks deel in verskeie kunstefeeste in die provinsie asook in ons dorp.

Redenaars

Redenaars ontwikkel slefvertroue en die vermoeë om ‘n standpunt in te neem met goed nagevorsde argument. Ons redenaar-leerlinge neem deel in die ATKV.

Landsdiens

Landsdiens is gebasseer op vier liefdes naamlik:

  • Liefde vir God
  • Liefde vir ons medemens
  • Liefde vir die natuur en
  • Liefde vir arbied.

Alle aktiwiteite word rondom die vier liefdes beplan en uitgevoer.

Landsdieners is leerders wat ‘n verskil maak!

Facta non verba – dade nie woorde nie!

Nylie MOB

Ons het ‘n nuwe groep begin: Nylie MOB! Danse, flash mobs, lekker gees.

Kruiwa

Die jaarlikse kruiwaresies is groot pret! Klasse neem deel in ‘n danskompetisie asook kruiwaresies. Ons maak onsself op in temas en geniet die dag!

Interhoër sang

Die Nylies weet hoe om met gees te sing by die Bosveld Interhoër! Ons oefen hard in die week en sing ons harte uit op die pawiljoen!

Colour Run

Ons hou ‘n jaarlike Colour Run, vanaf ons skool, in die dorp se strate in om geld in te samel vir die skool. Dis heerlike pret en baie gees. Lekker musiek en heerlike kosstalletjies maak die oggend perfek!

Blyers of Glyers

Blyers of Glyers: ‘n trotse Nylie tradisie met baie gees! Die blyers (graad 11’s wat agterbly) daag die graad 12’s wat uit die skool uit gaan, uit vir netbal, hokkie en rugbywedstryde… en natuurlik is dit lekker spanpret!

Geesweek

Met geesweek doen ons elke dag iets anders, die onderwysers speel saam! Dis lekker geesbou.

Middagskool

Middagskool is net om ‘anders’ te wees 😉 Ons gaan die oggend skool, vat ‘n lekker lang pouse en begin dan weer met die volgende dag se rooster in die middal – hoekom vra jy? Dan vat ons die volgende dag af…lekker!

Dirigente

Trotse Nylies! Wanneer die Bosveld Interhoër aanbreek en almal sit reg op die paviljoene, dan wag ons met harte wat trots klop. Want ons dirigente dans op die veld in hul interhoër tema en laat die skare juig en klap!

Geesvang

Aan die einde van die geesweek hou ons ‘n groot geesvang, net so voor die Bosveld Interhoër. Ons trek oulik aan en hou spankompetisies…en natuurlik moet die ‘gees’ gevang word!

Sokkies

Die Nylies hou van sosiaal wees! Ons hou gereels sokkies met verskillende temas (en soms pizza)!

Nylie Fees

2018 Sien die eerste Nylie Fees wat by Hoërskool gehou gaan word! Vir meer gaan na www.nyliefees.co.za

Valentynsbal

Opgetooi en vol opgewondenheid hou ons elke jaar ons valentynsbal!

Matriekafskeid

Dis die aand waar ons die matrieks bederf! ‘n Skitterende aand wag vir julle 2018 matrieks!

Fliekaande

Bring jou kussing en kombers en kom geniet ‘n lekker fliek met popcorn saam met ons!

Gholfdag

Ons jaarlikse Gholfdag is baie gewild! Ons 2018 Gholfdag vind plaas op 16 Junie – maak seker julle is daar!

Beesboudbraai

Ons hou Beesboudbraai, kuier en sokkie vir ons Nylie-familie elke jaar. Ons het nou net een gehad op 5 Mei, heerlik gekuier en lekker geëet!

Leierskap

Hoërskool Nylstroom leirs vat raak! Ons jeugleiers is ons toekomstige volwasse leiers en hul ontwikkeling is ons skool se erns. Hulle neem ook leiding in die dissipline en geesbou-aktiwiteite van die skool.

Leierskamp

Ons nuutverkose leerlingraad woon ‘n leierskamp by saam met onderwysers en ander in die gemeenskap. Hier word hulle geleer van leierskap en uit hierdie kamp word die hoofleiers ook gekies.

Hulle woon jaarliks ‘n leiersontwikkelingskamp by waar hulle toegerus word vir hulle taak.

VLR

VLR staan vir Verteenwoordigende Leerlingraad. Hierdie leerders word uit elke klas gekies in elke graad. Hulle staan die LUK en onderwysers by waar nodig.

Bekende Nylies

Hoërskool Nylstroom spog met bekende oud-Nylies!
Jacques Kruyswijk ( bekende Gholfspeler)
Dana Snyman (bekende skrywer)
Piet Byleveld (bekende speurder)

LUK

Ons LUK, Leerder Uitvoerende Komitee, word gekies uit die graad 11’s vir hulle matriekjaar. Hierdie komitee help met dissipline, reik uit na die gemeenskap en reel geesvangaangeleenthede vir die leerders.

Padpatrollie

Hoërskool Nylstroom kyk uit vir die leerders wat die besige strate moet oorsteek. Ons VLR staan daagliks padpatrollie om die leerders veilig by die skool te bring.

Graad 8-kamp

Die Graad 8-oriënteringskamp vind gewoonlik plaas op die eerste naweek van die nuwe kwartaal. Dit is ‘n móét vir elke nuwe Nylie. Hier leer ons mekaar ken en ook ons nuwe leiers en onderwysers – dis heerlike pret!

Oriënteringsdag

Die Oriënteringsdag word gewoonlik gehou op die dag voor die skool begin. Op hierdie dag ontmoet ons ons nuwe Nylies en gee hulle al die inligting wat hulle nodig het om tuis te laat voel.

Welkomweek

Ons welkom ons nuwe Graad 8’s in die nuwe jaar met ‘n oriënteringsweek vol lag en pret! Elke dag van hierdie week volg ons ‘n ander tema en leer mekaar ken!

Groentjiekonsert

Die immergewilde groentjiekonsert is elke jaar op die planke. Word deel hiervan, dis graad 8-pret op sy beste!

Zoppies

Nuwe graad 8’s word elke jaar ‘n spesiale naam gegee, die Zoppie is die tradisionele graad 8-naam wat elke 5 jaar gebruik word!

Koshuis

Hoërskool Nylstroom se koshuise is ‘n huislike tuiste.

Bekostigbaar. Streng toesig, met roetine. Prettige tye en ontspanning. Eie kamer vir elke inwoner en opgeknapte badkamers.

Ons uitgangspunt is dat die koshuis ‘n HUIS moet wees vir elke inwoner.

Koshuislewe is ‘n fees!

Dagkamers

Dagkamers is baie gewild onder leerders wat ver bly en na skool aktiwiteite het. Hier kan hulle na skool bietjie rus, sportklere aantrek en huiswerk doen in die breke.

Middagetes

Middagetes, na skool is beskikbaar vir leerder wat vooraf reel met die koshuis.

Enkelkamers

Eie kamer vir elke inwoner en opgeknapte badkamers. Daar is privaatheid vir elke inwoner, en ons is ‘n heerlike groot familie.

Bosveld

Die Nylies het die beste van twee wêrelde! Naby die stad maar het die voordeel van grootword in die veilige, rustige, landelike Bosveld-omgewing.

Skoolbussies

Ons het betroubare skoolbussies vir veilige vervoer. Ons busvervoer na sportgeleenthede word deur die skool aangebied.

Tuine

Die skool- en koshuisterrein is boomryk met pragtige tuine. ‘n Groen, goedversorgde en goed-toegeruste skoolomgewing stimuleer leerders en leerkragte!

Restaurant

Die skool spog met moderne geriewe soos ‘n goed toegeruste restaurant vir die vak Gasvryheidstudie. Hier onthaal ons leerders ook gereeld ouers en personeel met hulle talent!

Bosvaria

Onthaalarea en Bosvariagebou by ons sportkompleks sorg vir lekker kuier en ontspanning.

Snoepie

‘n Puik snoepie, met baie voorraad en baie verskeidenheid sorg dat die leerders nie honger lei nie!

Skietgat

Nog onthaalgeriewe is die geliefde ‘skietgat’ agter die sportgronde. Veilig omhein en goed toegerus vir lekker onthaal en kuier.

Koekverkopings

Heerlike bederf nou en dan: die lekker ou koekverkoping soos ons hom nog al die jare ken!

Omgee

Hoërskool Nylstroom gee om vir die gemeenskap! Ons loods elke jaar talle projekte om leerlinge in ons skool asook mense in ons gemeenskap te help.

Selfverdediging

Ons Nylie Girls Club het in Februarie ‘n selfverdedigingskursus gehou om ons deogters te bemagtig en te leer.

Cansa Shave-a-thon

Die Nylies gee om! Elke jaar neem ons deel aan die CANSA Shave-a-thon en samel geld in vir die stryd teen kanker!

Herwinningsprojek

Hoërskool Nylstroom se “Hersirkuleringsprojek vir tuinbankies” het afgeskop tydens die Huissport op vrydag 25 Januarie 2018. Plastiekbottels, blikkies en ander afval is in aparte blikke gegooi sodat dit vinnig en maklik hersirkuleer kan word. Lees meer HIER.

Ubuntu-take

Elke jaar kry die Graad 10’s die Ubuntu-take om te doen in Lewensoriëntering. Hier is hulle opdrag om uit te gaan in die gemeenskap en gemeenskapswerk te doen. Hulle gee verslag terug vir punte.

Dwelmvoorkoming

Daar gaan in die toekoms baie nou saam met die polisie gewerk word.Elke leerder in die skool se welstand is vir ons belangrik!

Lees meer hier.

WAT Sê ONS OUERS?

Terugvoer 2018…

Hoërskool Nylstroom is vir ons ‘n skool wat vir ons die beste van beide wêrelde gee. Ons kry hoë kwatiteit onderrig, ons sport is van hoogstaande gehalte, ons kultuur styg uit op elke vlak en ons onderwysers is baie bekwaam in dit wat hulle doen en ons is verskriklik gelukkig met ons kinders in Hoërskool Nylstroom.

~ A. Vosloo (ouer)

Terugvoer 2018…

Ons is dankbaar vir Hoërskool Nylstroom, hulle doen baie moeite vir ons kinders. Toe ons hiernatoe getrek het en hulle vakke was verskillend het die skool baie moeite gedoen om my graad 11 te help om haar gekiesde vakke klaar te maak. Daar is ook menigmale waar die onderwysers moeite doen om hulle te help, selfs na skooltye. Dis van baie waarde dat onderwysers soveel moeite doen.

~ G. Brits (ouer)